Die Goudveld-Hoërskool se o.17-sewesrugbyspan is die tweede jaar agtereenvolgens as die wenner van die Griffon-sewesrugbytoernooi gekroon. Dié span het die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem in die halfeindstryd met 38 – 5 geklop, en op Saterdag 1 September in die eindstryd teen die Hoërskool Witteberg, ook van Bethlehem, te staan gekom. Goudveld het met 31 – 10 geseëvier. Gouties is ook as die algehele wenner van die Bloues Blitz-sewesrugbytoernooi aangewys toe die span Hentie Cilliers van Kroonstad met 20 – 10 verslaan het. Dié kragmeting het Saterdag (08/09) in Kroonstad plaasgevind.Die naweek tydens die in Kroonstad, is die Gouties ook aangewys as die algehele wenners toe hulle Hentie Cilliers van Virginia met 20 – 10 gewen het. Van links is, voor: Dylan Pretorius; middel: Christopher Gerber, Marco Weideman, Dylan Smith, Jaco Weideman en Graham Els; agter: Dewald Niemann, Heinricht Cloete, Neil Harmse, Rian Olivier, Kevin Strydom en Handri Eloff.
Kraai (weer) koning)
Die Goudveld-Hoërskool se o.17-sewesrugbyspan is die tweede jaar agtereenvolgens as die wenner van die Griffon-sewesrugbytoernooi gekroon. Dié span het die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem in die halfeindstryd met 38?–?5 geklop, en op Saterdag 1 September in die eindstryd teen die Hoërskool Witteberg, ook van Bethlehem, te staan gekom. Goudveld het met 31?–?10 geseëvier. Gouties is…
Share this post:
