Niklaas Ouman, namens Bronville-gemeenskap (wyk 11):
Ons agbare burgemeester, Thanduxolo Khalipha, ons as die gemeenskap van wyk 11 in Bronville wil tog net ’n vriendelike versoek aan u rig om ons in te lig omtrent die ontydige kragonderbrekings wat ons ondervind.
Ons verstaan die Eskomse kragverdeling, maar wat van die ander onderbrekings wat tydig en ontydig plaasvind? Niemand lig ons omtrent dié gebeure in nie. Ons ly groot verliese, want soms duur dit tot drie dae. Ons kos word sleg in die yskaste en dan moet ons dit weggooi.
So ons wil tog net hê jy moet ons kom toespreek hieroor.