Kollig op gidshonde

,

Die pretdag sal ook aktiwiteite vir kinders insluit soos springkastele en ‘n honde-kompetisie vir klein tot medium honde, met afdelings soos “fugly, beautiful and friendly


Walk by Faith, wat Saterdag by Welkom-Volkskool gehou word, is ‘n viering wat nie net opvoedkundig is nie, maar beloof om ook vol pret en gesinsvriendelik te wees.

Hierdie geleentheid is die breinkind van Nicky Barnes, ‘n plaaslike sakevrou. “Ons doelwit is om die kollig op die alledaagse uitdagings waarmee ons geestelik en fisies te doen het, te plaas. Op die geleentheid sal ons bewustheid kweek, en dit terwyl ons ‘n genotvolle tyd saam geniet,” sê Barnes.

Hoogtepunte sluit in dienshonddemonstrasies en die belangrike rolle, wat hulle speel.

Die Walk by Faith-uitdaging is ‘n unieke kompetisie waar deelnemers op die dag eerstehands die uitdagings kan ervaar, wat mense ervaar wanneer hulle op die ondersteuning van dienshonde, familie of selfs vriende staatmaak. Die pretdag sal ook aktiwiteite vir kinders insluit soos springkastele en ‘n honde-kompetisie vir klein tot medium honde, met afdelings soos “fugly, beautiful and friendly.” Pryse kan gewen word.

Die geleentheid duur van 10:30 tot 15:00.

“Dit gaan ‘n dag vol opwinding, leer en gemeenskapsgees wees,” sê Barnes.

You need to be Logged In to leave a comment.