’n Bekende inwoner van Welkom en steunpilaar van Vista se beginjare is oorlede.
Sy was die stem van Vista
Bets Steyl (79), die eggenoot van een van Vista se stigterslede, Hans Steyl, is Sondag (02/08) dood.
Parkinson se siekte was by haar gediagnoseer, en drie jaar gelede sy het ’n beroerte gehad. Sedertdien het haar gesondheid stelselmatig verswak het, en sy op Sondag die stryd verloor het.
Sy is in Kroonstad gebore, maar het in Springfontein grootgeword.
Bets en Hans het in 1971 van Johannesburg na Welkom verhuis.
Saam met Piet en Bets Gouws het hulle Vista in April 1971 gestig.
In die beginjare was Bets vir die administratiewe deel van die koerant verantwoordelik.
In die beginjare was Bets vir die administratiewe deel van die koerant verantwoordelik.
“Sy was die stem van Vista,” sê Hans.
Sy word as ’n liefdevolle mens beskryf en was baie geliefd onder haar vriende en familie.
Die egpaar het twee kinders: Ilse Steyl, wat in Engeland woon, en Ludwig Steyl, wat as argitek in Johannesburg werksaam is.
Ludwig is ook ’n kunstenaar in eie reg en ’n violis wat gereeld in musiekuitvoerings te sien is.
Bets sal veras word. ’n Roudiens sal gehou word wanneer Ilse dit kan bywoon.