Klub se toewyding toe beloon

Lede van die Riebeeckstad-gimnastiekklub het goed gevaar in Gimnastiek Suid-Afrika (Gimnastiek SA) se Zone-kampioenskap wat in Junie in Pinetown, KwaZulu-Natal, plaasgevind het.


Lede van die Riebeeckstad-gimnastiekklub het goed gevaar in Gimnastiek Suid-Afrika (Gimnastiek SA) se Zone-kampioenskap wat in Junie in Pinetown, KwaZulu-Natal, plaasgevind het.

Die klub het goue, silwer- en bronsmedaljes verower.

Die lede is: Tholoana Ramateletse (vlak 3, brons); ) Ndzalama Mdaka (vlak 3, silwer); ) Sebabtso Mphuthi (vlak 2, silwer); ) Mila Jardim (vlak 2, goud);) Lenieke Marx (vlak 1, goud);) Nina-Katryn Oosthuizen (vlak 1, goud); ) Lu-dine Thokoa (vlak 2, goud);) Boitumelo Tsaoane (vlak 2, silwer); ) Gerhardus Oosthuizen (vlak 3, silwer); ) Evan Kruger (vlak 1, goud);) Hugo de klerk (vlak 3, silwer);) Johan Botha (vlak 1, goud);) Dané Viljoen (vlak 3, silwer);) Teodore Jardim (vlak 1, silwer);) Miané Engelbrecht (vlak1, goud);) Karabelo Molaoa (vlak 2, silwer);) Esté -Lee Oberholzer (vlak 1, goud); ) Lienka Oberholzer (vlak 2, brons); en ) Zanika Otto (vlak 1, goud).

Gimnaste neem jaarliks deel aan verskeie kompetisies om te kwalifiseer vir die Sentrale Zone-, Gimnastiek SA-, en nasionale kompetisies. Die Riebeeckstad-klub berei nou voor vir die vlak 4 en Noordelike-gimnastiekkampioenskappe wat op Saterdag 3 Augustus in Bultfontein sal plaasvind.

Die klub oefen Maandae tot Donderdae en bied slegs artistiese gimnastiek aan. Kinders so jonk soos vyf jaar kan deelneem.

Christiné Deas, eienaar en hoofafrigter, het die klub in 1995 gestig en is dankbaar vir die volgehoue ondersteuning.

Bel Deas by 083-262-1319, of besoek die klub by Victoriastraat 5, Riebeeckstad, Welkom.

gimnastiek

Gimnaste van die Riebeeckstad-gimnastiekklub het uitstekend gevaar in Gimnastiek Suid-Afrika se Zone- kampioenskap, wat in Junie plaasgevind het. Van links is, voor: Tholoana Ramateletse en Ndzalama Mdaka; middel: Sebabtso Mphuthi, Mila Jardim, Lenieke Marx, Nina-Katryn Oosthuizen, Lu-dine Thokoa en Boitumelo Tsaoane; agter: Gerhardus Oosthuizen, Evan Kruger, Hugo de Klerk, Johan Botha, Christiné Deas (hoofafrigter), Dané Viljoen, Teodore Jardim, Miané Engelbrecht en Karabelo Molaoa. Afwesig: Esté -Lee Oberholzer, Lienka Oberholzer en Zanika Otto. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.