‘n Klopjag op ‘n Theunissen-plaas deur ‘n gesamentlike span wat bestaan het uit lede van die polisie en Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die onwettige handel in mynvoedsel ‘n ernstige knou toegedien.
In die vroeë-oggend ure van Donderdag 3 April het dié spanne op die plaas buite Theunissen toegesak. Hulle het ses voedselverpakkers in hegtenis geneem en beslag gelê op groot hoeveelhede blikkies en ander kos, sowel as drank. Die verpakte kos was bedoel om afgelewer te word en ondergronds afgelaai te word waar onwettige mynwerkers gevind word.
Die klopjag is uitgevoer deur agente wat in die raamwerk van Operasie Vala uMgodi werk.

Die span het inligting ontvang oor verdagte aktiwiteite wat plaasvind by Thusana Trust, ‘n plaas naby die R708 buite Theunissen.
‘n Weglê-operasie en hommeltuigwaarneming is Donderdagoggend vir eerste lig beplan toe die span die verdagtes in hegtenis geneem het. Hulle was besig met voedselverpakking.”
Lt. Col Thabo Covane, polisiewoordvoerder
Toe spanlede die pakkies begin uitpak het, het hulle 2 500 blikkies energiedrankies, 2 600 blikkies mielievleis, 2 600 pakkies kitspap (1kg) en 2 000 pakke poeiermelk (1kg) gevind. Die span het die perseel deursoek en ontdek dat die huis onder toesig is met ‘n hoogs gesofistikeerde kamera wat vanaf ‘n ander plek gemonitor kan word.

Covane sê ‘n saak van sameswering om die misdaad van onwettige mynbou en hulp aan onwettige ondergrondse mynwerkers te gee, is by die Theunissen-polisiestasie geopen.
You must be logged in to post a comment.