Klagte oor riool sloer

Die AfriForum-tak in Welkom het in Mei strafregtelike klagtes teen die bestuur van die Matjhabeng-munisipaliteit ingedien.


Die AfriForum-tak in Welkom het in Mei strafregtelike klagtes teen die bestuur van die Matjhabeng-munisipaliteit ingedien.

Die tak het ook op 31 Mei vir Fouché-loodgieters aangestel om ’n reuse-rioolverstopping naby die Checkers in St Helena, Welkom, te ontblok en die rioolpype skoon te maak.

Dit volg nadat die kontrakteurs wat die munisipaliteit op tenders aangestel het glo blokkasies in die pyplyn gelos het. Dit het tot gevolg gehad dat rou riool in ondernemingspersele en woonhuise in die gebied oorspoel.

Die organisasie het sedert Augustus 2019 verskeie skrywes aan die Matjhabeng-munisipaliteit gerig oor rou riool in erwe. Dit hou gesondheidsrisiko’s vir inwoners in en vloei soms vir weke aaneen uit mangate. Dit is op plekke so erg dat mense om die riool en selfs deur dit moet beweeg om by hul voertuie uit te kom.

Die munisipaliteit het tot op hede geen poging aangewend om die probleem op te los nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.