Kitsbank opgeblaas

Die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het ’n soektog begin na vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle ’n kitsbank in Ruben Mogosistraat, Nyakallong, opgeblaas het.


Die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het ’n soektog begin na vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle ’n kitsbank in Ruben Mogosistraat, Nyakallong, opgeblaas het.

Woensdag (24/08) het inwoners wat daar naby woon ’n ontploffing gehoor en ongeveer vyf onbekende mans van die toneel sien weghardloop.

Die voorkant van die kitsbank is grootliks beskadig, maar die kluis was ongeskonde en geen geld is gevat nie. Die vlek-middel binne in die kitsbank is geaktiveer.

Die Welkom-plofstofeenheid is ontbied en het die oorblyfsels van rooi en wit drade wat in ’n elektriese ontsteker gebruik word op die toneel gevind.

’n Saak om die veroorsaak die ontploffing te bepaal is geopen. Mense met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, moet speur sers. Sene Monyake van provinsiale georganiseerde misdaadeenheid by 076-934-9293, of die polisie se noodnommer by 08600-10111 kontak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.