Khoisan trek saam vir vergadering

’n Noodsaaklike inligtingsvergadering rakende die pad vorentoe vir die Khoisan-gemeenskappe word op 5 en 6 Desember in Kimberley gehou.


’n Noodsaaklike inligtingsvergadering rakende die pad vorentoe vir die Khoisan-gemeenskappe word op 5 en 6 Desember in Kimberley gehou.

In voorbereiding hierop nooi die Khoi- en San-huise die Korana-huis onder leiding van sy Majesteit Taaibosch, die Kraalshoek Griekwa-huis en die Adam KokV Royal-huis in die Goudveld die Khoisan-gemeenskap in Bronville na ’n vergadering op 13 November in die Bronville-gemeenskapsaal.

Die vergadering sal om 17:00 begin.

“Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton Mckenzie, het al die verskillende leiers van die Khoi- en San-gemeenskappe uitgenooi na ’n belangrike tweedaglange vergadering in Kimberley,” verduidelik chief Ivan van der Ross, Vrystaatse provinsiale sekretaris.

“Ons, die Khoi- en San-volk is opgewonde oor die uitnodiging,” meen hy.

“Vir die eerste keer kry ons leiers die voorreg en erkenning oor belangrike besluite wat geneem en vasgepen gaan word oor die toekoms en die bestaan van die Eerste Nasie in Suider Afrika.”

You need to be Logged In to leave a comment.