Kerk nooi spelers na sy gholfdag

Die NG kerk Bedelia-Oase bied op Saterdag 14 Oktober ’n gholfdag op die Whites-gholfbaan by Hennenman aan.


Die NG kerk Bedelia-Oase bied op Saterdag 14 Oktober ’n gholfdag op die Whites-gholfbaan by Hennenman aan.

Die tema vir die dag is “Bring hoop vir ons kinders”.

Deelname kos R150 per person en die spel neem die vorm van ’n beterbal-kiesspel (BBS) aan.

Die betaling van die inskryfgeld dek ook ’n halfweg-ete.

Die gholfdag is oop vir alle spelers.

Kontak die Whites-gholfbaan deur 072-863-9521 te skakel, of bel Piet Delport by 082-577-9155 vir meer inligting oor die geleentheid.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.