Odendaalsrus se watertoevoer is Vrydag van 08:00 af onderbreek, ter wille van doodsaaklike instandhoudingswerk. Na verwagting sal die onderbreking 16 uur duur. Foto:


Die Odendaalsrus-gemeenskap sal Vrydag ’n wateronderbreking van 16 uur ondervind.

Die dorp se watertoevoer is Vrydag om 08:00 afgesluit.

Die doel van die onderbreking is om die Vaal Sentrale Waterraad in staat te stel om ’n groot lekkasie op die toevoerpypleiding na Odendaalsrus, wat dringende aandag verg, te herstel.

Die watertoevoer sal herstel word onmiddellik nadat die herstelwerk voltooi is.

Inwoners word versoek om in hierdie tyd geduldig te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 4 December 2025
    Vista E-Edition 4 December 2025

Gift this article