Mienke Coetzee, ’n leerling aan die Laerskool Voluit in Virginia, en ook ‘n student aan Amanda’s School of Dance, het in die Desember-vakansie aan Elements of Dance Suid-Afrika se nasionale Elements of Dance Central (EODSA-UDC) kompetisie deelgeneem en goed presteer. Sy het 89,6% en ‘n algehele tweede plek in musiekteater behaal. Sy het 79,6% in die “lyrical”-afdeling behaal, en sy kwalifiseer vir nasionale kleure. Sy sal in 2025 deel wees van die span wat oorsee gaan toer. Foto: Verskaf