Katrol grotes in

Die Freddies-hengelklub het op 13 Oktober ’n klubkompetisie by Aldam gehou. Madeline Vorster was eerste in die vroue-afdeling, gevolg deur Barinda Botha (tweede plek) en Estelle Haasbroek (derde plek). In die mans-afdeling was PK Haasbroek eerste, gevolg deur Heinrich Weiss (tweede plek) en Robert Vorster (derde plek). In die junior afdeling was Ruben Louw eerste,…


Die Freddies-hengelklub het op 13 Oktober ’n klubkompetisie by Aldam gehou. Madeline Vorster was eerste in die vroue-afdeling, gevolg deur Barinda Botha (tweede plek) en Estelle Haasbroek (derde plek). In die mans-afdeling was PK Haasbroek eerste, gevolg deur Heinrich Weiss (tweede plek) en Robert Vorster (derde plek). In die junior afdeling was Ruben Louw eerste, gevolg deur Terenzo Maree (tweede plek) en Nicus Engelbrecht (derde plek). Die swaarste sak is deur PK Haasbroek gevang, met ’n gewig van 16,78 kg. Die grootste spesie vir die dag was ’n baber van 5,99 kg, en is deur Willem Louw gevang. “Ondanks die nat weersomstandighede het vangste mooi uitgekom,” sê Barinda Botha. “Baie geluk aan al die wenners.” Belangstellendes wat by die Freddies-hengelklub wil aansluit, of net as besoekers wil deelneem, kan Estelle Haasbroek (voorsitter) by 082-833-1409 of Madeline Vorster (sekretaris), by 071-729-7621 bel vir meer inligting. Van links is, voor: Ruben Loue en Nicus Engelbrecht; agter: Made­line Vorster, Barinda Botha, Estelle Haasbroek, PK Haasbroek, Heinrich Weis en Robert Vorster. 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.