Polisie-veteraan van 33 jaar bly standvastig te midde van gesondheidsgeveg

Haar lewe het in 2024 in ‘n oogwink in ‘n nagmerrie ontaard toe sy vir ‘n mediese skandering gegaan het om te bepaal hoekom haar maag geswel is, en haar organe daartydens almal platgeval het.

Niksvermoedend het Van der Walt eers 12 dae later in die intensiewe sorgeenheid wakker geword, en 12 dae hierna kon sy na ‘n normale saal oorgeplaas word.

Vinnige diagnose en behandeling

Alles het toe vinnig gebeur. Nadat sy met kanker gediagnoseer is, is ‘n gedeelte van haar derm verwyder.

“Hulle het onmiddellik met chemo begin,” sê sy.

Van der Walt was van September 2024 vir sewe maande nie by die werk nie omdat sy haar behandeling moes ontvang.

Sy was einde Maart 2025 terug by die werk, en op 8 Mei het sy ‘n histerektomie gehad nadat daar kanker op haar eierstokke gevind is.

“Albei eierstokke is verwyder en ek het weer chemo as voorsorgmaatreël begin. Ek het deurgaans bly werk,” sê sy.

LEES OOK: Huldeblyke stroom in vir Elsje Neethling ná sy kankerstryd verloor

Uitdagende behandelingsperiode

Haar eerste chemo was van Oktober 2024 tot Maart 2025, en toe moes sy weer in Junie en Julie behandeling kry.

“Ek is baie moeg, liggaamlik en geestelik. Daar is ook die newe-effekte van die behandeling, maar ek hanteer dit soos dit kom.

“My werk hou my besig, maar emosioneel is dit soos ‘n wipplank. My werkgewer, my kollegas, my vriende en veral my familie ondersteun my,” sê sy.

Emosionele uitdagings

“Die diagnose, die kanker, die behandeling—dit is alles emosioneel uitputtend en ek wens dit vir niemand toe nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 11 December 2025
    Vista Edition 11 December 2025

Gift this article