Kapers gooi man in rivier

’n Mynwerker (48) van Welkom is in die hospitaal nadat kapers hom in die Sandrivier naby Virginia gegooi het.


’n Mynwerker (48) van Welkom is in die hospitaal nadat kapers hom in die Sandrivier naby Virginia gegooi het.

Die man het Maandag (18/04) om 22:00 by die werk klaargemaak en is Woensdag (20/04) omstreeks 03:00 deur sy vrou as vermis by die polisie aangegee nadat sy hom nie kon opspoor nie, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Thakeng sê volgens die slagoffer het twee mans die verkeersirkel by Stateway en Arraratweg in Welkom se sakekern met ’n voertuig versper en hy is gedwing om stil te hou.

“Hulle het hom met vuurwapens gedwing om in sy motor se bagasieruim te klim,” sê Thakeng.

Die twee mans, die een in die slagoffer se voertuig en die ander een in die voertuig waarmee die pad versper is, het op ’n afgeleë plek stilgehou en geëis dat hy vir hulle geld gee. Die man het egter nie geld by hom gehad nie, en na verskeie mislukte pogings om geld by kitsbanke te trek het hulle die mynwerker naby Virginia in die Sandrivier gegooi.

Die polisie ondersoek ’n klag van voertuigkaping. Inligting kan gegee word vir speursers. Seleke Khosana van die polisie se eenheid vir voertuigverwante misdade by 073-460-2760.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.