Die omstrede burgemeester van Matjhabeng se nuutste slenter om die guns van die inwoners te verkry is om ’n komitee te stig om die verandering van straatname te ondersoek

Supplied

Die omstrede burgemeester van Matjhabeng se nuutste slenter om die guns van die inwoners te verkry is om ’n komitee te stig om die verandering van straatname te ondersoek.

“Dit is bloot deel van ’n populistiese verkiesingsstrategie,” sê raadlid Manie Pretorius.

Hy sê tydens ’n raadsvergadering op Dinsdag 28 November het die burgemeester, David Kalipha, aangedui dat ’n komitee gesig gaan word om ’n proses te begin om straatname te verander.

“Dit terwyl dié munisipaliteit misluk om basiese dienste soos water en sanitasie aan sy inwoners te verseker, poog die regerende party weer met hierdie verkiesingsfoefie.”

Volgens Kalipha is die naamsveranderinge nodig om die ongelykhede van die verlede aan te spreek.

Pretorius sê die burgemeester ontken gerieflikheidshalwe dat die regerende party se mislukkings die afgelope 30 jaar tot ’n algehele gebrek aan dienslewering gelei het.

“Die inwoners van Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom het dienste nodig, nie duur naamsveranderinge nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.