Tieners kan gereedmaak vir die sewende #imagine-byeenkoms wat by Nampo-park buite Bothaville aangebied word.
Twee groot byeenkomste word landwyd beplan, en die sentrale streek se saamtrek sal na verwagting van 18 tot 20 Maart plaasvind.
Die organiseerders beloof dat dit ’n lewensveranderende ervaring sal wees.
“Tien jaar gelede in Durbanville, op 14 Februarie 2013, is die droom van #imagine gebore.
“Dit was die droom van ’n groep predikante om tieners in die vreemde tye waarin ons leef na God te lei sodat hulle Hom met passie en oorgawe kan dien,” sê ds. Christo Nel.
Volwassenes of jong vrywilligers wat as groepleiers kan optree, word ook genooi.
Bywoning van #imagine 2023 kos R500 per persoon.
Vir meer inligting, kontak Nel by 076-943-2006 of besoek imaginemovement.co.za.