Inke Krüger (6), ’n leerling aan Welkom-Volkskool Preprimêr, het aan die nasionale Sanesa-nuweling-kampioenskapsuitdaging deelgeneem en nege medaljes verower
Die byeenkoms is op 3 en 4 Oktober op Kyalami gehou. Inke het in die groep vir ruiters nege jaar en jonger deelgeneem. In die afdelings waarin sy meegeding het, het tot meer as 30 ruiters kragte gemeet.
Sy het op haar perd Sweet Delilah die volgende prestasies behaal: ’n eerste plek in werk-ruiterkuns; ’n tweede plek in prestasieruiterkuns; ’n derde plek in perdespringsport; ’n tweede plek, asook ’n derde plek, in prix Caprilli; en ’n vyfde plek in ruiterkuns.
Op haar ponie Frodo het Inke ’n eerste plek in prestasieruiterkuns behaal en ’n eerste plek in werk-ruiterkuns, asook ’n tweede en ’n negende plek in dressuur.
Sy is op die Sanesa-prysuitdeling op 10 September in Bloemfontein vereer en het die Best Rising Star Dressage- en die Prix Caprilli-trofee (voorskool) ontvang.
Inke is erken vir die beste punte in die Vrystaat vir 2022 in die dissiplines vir nuwelinge, as die Sanesa Free State 2022 Rising Star Rider of the Year, Primary School. Sy het ook die beste punte in die Vrystaat vir die jaar as ’n nuweling.
Inke, op haar ponie Frodo, is aangewys as die laerskool victrix ludorum na aanleiding van haar beste punte in die Vrystaat vir die hele jaar.
Inke was in 2021 ook die Vrystaatse nuweling-victrix ludorum.