’n Jong rugbyspeler van Welkom, Jaco Weideman (21), wie se hart Saterdag verskeie kere gaan staan het nadat hy moontik in ’n duikslag beseer is, is in ‘n kritieke toestand per helikopter na die Bloemfontein MediClinic oorgeplaas.
Weideman het Saterdag in die jaarlikse rugbyderby tussen Welkom Rugbyklub (WRK) en die Welkom Rovers vir Welkom Rugbyklub se tweedespan gespeel by die WelkomRA joint operation held in Bultfontein farming community Rugbyklub se velde in Welkom.
Denise Kirsten, n fisioterapeut van Welkom, sê Weideman is n paar kere hard tydens die wedstryd geduik maar het eers ná die wedstryd sleg gevoel en by die mediese personeel gaan hulp soek. Hy het opgegooi en sy vermoed hy het n hartbesering en harsingskudding opgedoen.
Hy is in die Mediclinic Welkom opgeneem, waar sy hart gaan staan het.
Dit is nie seker hoe Weideman die hartbesering opgedoen het nie, maar van die toeskouers het in kommentaar op Facebook gesê dit lyk asof hy met sy borskas op die bal geval het en dat dié slag moontlik sy hart beseer het.
Weideman, n oudleerling van Goudveld-Hoërskool in Welkom, se toestand was Maandag nog kritiek.
Weideman en sy broer, Marco (19), het Saterdag saam vir WRK uitgedraf.
Steps Pretorius, WRK se hoofafrigter, sê hy was besig om met die eerstespan op te warm toe Weideman beseer is en het nie gesien wat gebeur het nie.
Pretorius, wat ook n Boksmart-koördineerder is, sê hy sal met ooggetuies gesels, sodat hy ’n verslag vir SA Rugby kan opstel