Jaco Weideman se Alma Mater, Goudveld-Hoërskool skryf op Facebook, dat die hele Goutie familie baie hartseer met die afsterwe van Jaco Weideman, oud Goutie, is.Weideman is Vrydag (08/07) oorlede.

Facebook

Jaco Weideman (21), die jong rugbyspeler wie Saterdag ernstige beserings in ‘n ligarugbywedstryd opgedoen het is oorlede.

Hy is Vrydag (08/07) in die Bloemfonetein MediClinic oorlede nadat hy Sondag in ‘n krietieke toestand van Welkom oorgeplaas is.

Sy hart het Saterdag verskeie kere gaan staan nadat hy in ’n liga-wedstryd tussen die spanne van die Welkom-rugbyklub (WRK) en die Rovers-rugbyklub moontlik in ’n duikslag beseer is. 

Dit was die jaarlikse derby tussen dié twee rugbyklubs, en Weideman het vir die WRK in die kragmeting tussen die tweede spanne gespeel.

Sy Alma Mater, Goudveld-Hoërskool skryf op Facebook, dat die hele Goutie familie baie hartseer met die afsterwe van Jaco Weideman, oud Goutie, is. Ons opregte simpatie met Wimpie, Marco, familie en vriende. Mag ons almal in hierdie moeilike tyd vertroosting vind in die Here se liefde en in Sy wil vir elkeen van ons.”‘

‘n Oudonderwyser van Jaco, Sam Viljoen skryf: As onderwyser is dit nooit maklik om hartseer nuus te hoor oor diegene wat jy skool gegee het nie.Jaco Weideman jy was ‘n regte vegter, het altyd harder gewerk as die meeste. Ek is hartseer om hierdie nuus te hoor, maar ek is net so dankbaar om te weet dat jy verwelkom word op groot stalletjies van die hemel. Geniet dit, totdat ons weer kampioen ontmoet.Geren begrafnisreëlings is al getref nie.

You need to be Logged In to leave a comment.