Tydens die Oktober-skoolvakansie het die kunsafdeling van die Goudveld Kunste Akademie aan Talent Africa se nasionale ronde onder die kreatiewe kuns-kategorie deelgeneem.
Onder leiding van kunsonderwyser Lana Combrinck (ArtC) is 31 kunswerke ingeskryf.
Die studente het 14 silwermedaljes (70-79%), 12 goue medaljes (80-84%), drie platinummedaljes (85-89%) en twee diamantmedaljes (90% +) ontvang. Vier van dié studente was onder die top vyf in die junior-kategorie van die kreatiewe kuns-afdeling.
Kaydene Keyser het beste tegniek-afdeling gewen en Lené van Lingen het beste konsep gewen.
Amy-Rose Castro het beste junior kunstenaar vir 2023 gewen.
Vier van die studente was onder die top vyf in die senior-kategorie van die kreatiewe kuns-afdeling.
Hier het Melissa Ross die beste tegniek-afdeling gewen, Ryan Martin het beste konsep-afdeling gewen en Josh Hewitt is as beste senior kunstenaar vir 2023 aangewys.