Jeug kan hulle nou inskryf

Inskrywings vir die ATKV-tienertoneel, ATKV-digitoneel en ATKV-tjokkertoneel is amptelik oop.

Jeugdiges kan hulle nou al inskryf vir die ATKV-tienertoneel, ATKV-digi­toneel en ATKV-tjokkertoneel.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Inskrywings vir die ATKV-tienertoneel, ATKV-digitoneel en ATKV-tjokkertoneel is amptelik oop.

Jong teatertalent word aangemoedig om in 2023 hul slag te kom wys in die ATKV se onderskeie toneelaanbiedinge, wat elkeen ’n unieke geleentheid aan leerlinge bied om die vele aspekte van toneelspel te ontwikkel.

Al die finaliste van die ATKV se totale toneelaanbod sal van 1 tot 3 Oktober 2023 ’n speelge­leentheid kry in die Lyric Theatre by Gold Reef City in Johannesburg, wanneer die eerste ATKV-jeug­teaterfees aangebied word.

Met hierdie drie kompetisies wil die ATKV ’n smeltkroes bied waarin jong teatertalent hul vaardighede kan ontwikkel en slyp.

Die jaar 2022 was ’n groot hoogtepunt vir die ATKV se toneelaanbod, deurdat duisende toneelliefhebbers hul terugkeer gemaak na die verhoog het.

ATKV-tienertoneel het weer sy volle kapasiteit bereik met 172 produksies wat oor die land heen meegeding het om as die beste produksie gekroon te word.

ATKV-digitoneel se deelnemers het tydens die tweede seisoen van die ATKV se werklikheidsreeks Gekies vir die Kollig op DStv opspraak gemaak en daar was ’n verbysterende groei van 400% in deelname aan die ATKV se jongste toneelkompetisie, ATKV-tjokkertoneel, sedert sy eerste aanbieding voor die Covid-19-pandemie.

ATKV-digitoneel is ’n voorloperplatform vir tieners om hul eie monoloë onder ’n nuwe temawolk te skryf en dan vir beoordeling te verfilm.

Die ATKV gaan hierdeur in sy doel slaag om ’n liefde vir toneelskepping en film te bevorder deur op kameraspel, kinematografie en die skryf van tekste te fokus.

Die finaliste maak hul buiging op televisie in Gekies vir die Kollig, wat in Oktober 2023 ’n derde keer op DStv-kanaal 147 (VIA) uitgesaai word.

Met ATKV-tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om jong leerlinge bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.

  • Deur die opbouende proses van toneelspel, ontwikkel die leerlinge selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat. Om meer inligting te bekom, besoek atkv.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.