Jan Jacobs en sy Handjie Vol-span is weer hard aan die werk en vul ywerig die slaggate in Welkom en omgewing op. Hulle het hierdie week die slaggate in Othelloweg, Welkom, opgevul.
Jacobs sê hulle het reeds vanjaar oor die hele Goldfields slaggate opgevul en paaie veilig gemaak, van nasionale paaie soos die Phakisa (R70) tot Riebeeckstad, Virginia en Welkom.
“Ons werk in al die voorstede, maar ons konsentreer basies om die hoofpaaie, wat baie verkeer dra, veilig te hou.
“Nou, ná die baie reën, werk ons ononderbroke om die paaie reg te maak. My span is gewoondlik nie meer as vier mense nie.
“Die mense wat saam met my werk, is dagloon-mense, wat nie werk het nie. Ons werk is gratis. Die skenkings wat ons kry, gaan vir die mense wat saam met my werk, want hulle moet ook lewe. Al die material wat geskenk word, soos teer, gaan alles vir die gemeenskap,” sê Jacobs.
Hy sê hulle is dankbaar dat hulle van July 2022 sonder ophou kon werk.
“Tot nou toe het Handjie Vol meer as 13 000 paaie veilig gemaak. Ons is dankbaar, dat die gemeenskap (inwoners sowel as besighede) ons so goed ondersteun.
“Elke stop en dankie sê vanaf ons gemeenskap en die water, koeldrank, en bydrae wat ons ontvang, word wardeer. Ons geniet dit wat ons doen baie,” sluit Jacobs af.





You must be logged in to post a comment.