Die Wet op Omgewingsbewaring, no. 73 van 1989, is toepaslik om die geraas in woonbuurte te beheer. Drie briewe is reeds vanaf die inwoners oor die geraasversteuring ontvang.

Supplied

Verskeie inwoners van Goldingstraat, Bronville het die afgelope paar maande gekla oor ’n spesifieke huis in die straat wat die bure met harde musiek frustreer.

Inwoners het al talle klagtes by die polisie ingedien maar die geraas duur steeds voort.

Volgens die bure stroom mense laatnag oor naweke na die huis wanneer die plaaslike klubs en kuierplekke toemaak. Daar is dan harde musiek wat tot vroegoggend gespeel word.

Die gemeenskap is keelvol aangesien daar bejaarde egpare, kinders en siek mense in die straat woon en nie die geraas kan hanteer nie.

Die Wet op Omgewingsbewaring, no. 73 van 1989, is toepaslik om die geraas in woonbuurte te beheer. Drie briewe is reeds vanaf die inwoners oor die geraasversteuring ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.