Meer as agt jaar nadat die sogenaamde Modimolle-monster, Johan Kotze, en sy drie makkers lewenslank tronk toe gestuur is, het Ina Bonnette eindelik vrede gevind.
Kotze het sy voormalige vrou gemartel, verkrag en verneder, en haar seun, Conrad, vermoor.
Bonnette kom op 27 Augustus Wel- kom toe om haar gruverhaal met plaaslike vroue te deel.
“Ons staan ??elke dag voor keuses. Ek het die verkeerde keuse gemaak deur met daardie man te trou. Maar my boek bring die boodskap dat daar altyd ’n beter môre is.”
Ontmoet om 10:30 vir Ina by die Oppenheimer-gholfklub in Welkom, wanneer sy haar boodskap met vroue en mans van die gemeenskap sal kom deel. Die Afrikaanse sanger Jaques Nel, wie Gesig in die wolke vir Ina geskryf het, sal die dag optree.
Die lied gaan oor Conrad, Ina se seun wat op daai grusame dag sy lewe verloor het.
Kaartjies kos R120 elk en sluit ’n warm ete in. Bel 057-916-6666 of 057-354-3733 vir meer inligting.