Hulle lippe pyn vir water

Inwoners van Bronville en Thabong was op die rand van muitery omdat hulle vir meer as sewe dae met droë krane moes leef. Hierdie haglike situasie is verweef met ongebreidelde kabeldiefstal aan die een kant en verhoogde beurtkrag aan die ander kant.


Dinsdag (26/10) het 'n gemeenskapsleier in Bronvil

Dinsdag (26/10) het ‘n gemeenskapsleier in Bronville en Hani Park, Sandra Patterson (rooi hemp), saam met Henry Lubbe van die Goudveld Brand Forum gereël om water na Hani Park te kry.
Inwoners van Bronville het verlede week na waterpu

Inwoners van Bronville het verlede week na waterpunte gestroom. Die Laerskool Bronville (foto) het inwoners van water uit boorgate op sy perseel voorsien. Die Laerskool Golden Park het inwoners ook toegelaat om water by die skool te kry.

Inwoners van Bronville en Thabong was op die rand van muitery omdat hulle vir meer as sewe dae met droë krane moes leef.

Teen Woensdagoggend (27/10) was die watertoevoer na groot dele van Thabong en Bronville herstel en was die pype besig om vol te maak.

Hierdie haglike situasie is verweef met ongebreidelde kabeldiefstal aan die een kant en verhoogde beurtkrag aan die ander kant.

Inwoners sê hulle is letterlik in die donker gelaat, met lippe wat pyn vir water.

Hulle is moeg om vir gelieg te word, sê hulle.

“Ons is vasgevang in die middel van politieke spel. Hoekom is Bronville en Thabong vir so ‘n lang tydperk sonder water gelaat? Laat ’n mens dink,” het ’n inwoner op Facebook geskryf.

“Die kwessie is nie wie water het en wie nie, die eintlike kwessie is hoekom die water in die eerste plek gesluit is,” het ‘n ander woedende inwoner geskryf.

Hulle lag vir die teorie dat desperate inwoners wat probeer het om by water uit te kom, ‘n strategiese “klep 16” gebreek het.

Inwoners van Thabong en Bronville sê hulle het in die sewe “droë” dae nie een munisipale watervragmotor in die gebied gesien nie.

Dinsdag (26/10) het ‘n gemeenskapsleier in Bronville en Hani Park, Sandra Patterson, saam met Henry Lubbe van die Goudveld Brand Forum gereël om water na Hani Park te kry.

“Mense is erg geraak, veral ou mense en kinders,” het een woedende inwoner van Thabong gesê.

“Die leiers speel gevaarlike speletjies in voorverkiesingstye. Ons is ‘n baie ongelukkige kiesers, en ons situasie bied nie goeie resultate nie.”

’n Plaaslike maatskappy in Virginia, Fixated, het saam met Gift of the Givers water aan Riebeeckstad, Hennenman, Phomolong, Ventersburg, Harmony en Meloding verskaf.

Sondag (24/10) het die eienaar van Fixated, Danie van Metzinger, gesê dit is hartverskeurend om te sien hoe die kinders na die trokke hardloop met emmers vir water.

“Gift of the Givers het eers een tenk voorsien, en toe die naweek aanbreek en die dorpe steeds nie water het nie, het Gift of the Givers nog ses tenks gestuur om ons te help om water aan die verskillende gebiede te gee.”

Water na hierdie gebiede is meestal teen Maandag herstel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.