Sedert Februarie sukkel die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Welkom met erge riooloorstromings, wat ontwrigting by die koshuisgeriewe en op die sportvelde veroorsaak. Die leerlinge se gesondheid word hierdeur bedreig. Twee van die skool se rugbyvelde is onder riool, en die kinders kan net op die C-veld, langs die riool, oefen. Die skool se tuiswedstryde kan ook net op dié veld plaasvind. Dié situasie is by die provinsiale departement van onderwys aangemeld. ‘n Verteenwoordiger van die department het die skool besoek en video’s en foto’s geneem. Sy sou dit by die munisipaliteit aanmeld; niks het nog hiervan gekom nie. Die ingang na die skool se koshuis is met riool besmet, en die kinders moet daardeur loop om in en uit te beweeg. Foto: Verskaf

Besmet skoolterrein al hoe verder

Sedert Februarie sukkel die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Welkom met erge riooloorstromings, wat ontwrigting by die koshuisgeriewe en op die sportvelde veroorsaak. Die leerlinge se gesondheid word hierdeur bedreig. Twee van die skool se rugbyvelde is onder riool, en die kinders kan net op die C-veld, langs die riool, oefen. Die skool se tuiswedstryde kan ook net op dié veld plaasvind. Dié situasie is by die provinsiale departement van onderwys aangemeld. ‘n Verteenwoordiger van die department het die skool besoek en video’s en foto’s geneem. Sy sou dit by die munisipaliteit aanmeld; niks het nog hiervan gekom nie. Die ingang na die skool se koshuis is met riool besmet, en die kinders moet daardeur loop om in en uit te beweeg.

You need to be Logged In to leave a comment.