Hennenmaner (56) dood ná hy in veldbrand beseer is

“Ek het my hand op hom gesit en aan hom gesê as hy wil gaan, maak ek hom los,” sê Petro Beket, nadat haar man, Johan (56), Woensdagoggend (07/09) in die hospitaal dood is.


  • Beket het op ’n buurplaas gaan help toe hy en nog twee mans deur vlamme en rook oorval is
  • Hy is met derdegraadse brandwonde oor 36% van sy lyf in die waakeenheid
  • Die dokter het aan haar gesê sy een long neem nie suurstof in nie

“Ek het my hand op hom gesit en aan hom gesê as hy wil gaan, maak ek hom los,” sê Petro Beket, nadat haar man, Johan (56), Woensdagoggend (07/09) in die hospitaal dood is.

“Ek het my hand op hom gesit en aan hom gesê as hy wil gaan, maak ek hom los,” sê Petro Beket, nadat haar man, Johan (56), Woensdagoggend (07/09) in die hospitaal dood is.

Beket, ’n plaasvoorman van Ventersburg, is op 28 Augustus tydens ’n veldbrand buite dié dorp beseer.

Hy is met derdegraadse brandwonde oor 36% van sy lyf in die waakeenheid van die Bongani-hospitaal in Welkom opgeneem. Hy is ook vir rookinaseming behandel en aan ’n ventilator gekoppel.

Beket het op ’n buurplaas gaan help toe hy en nog twee mans deur vlamme en rook oorval is.

Die ander mans is nie beseer nie, maar Beket, wat ’n bakkie na veiligheid wou verskuif, het brandwonde opgedoen en rook ingeasem.

Petro sê haar man het uitstekende behandeling in die Bongani-hospitaal gekry.

Petro sê haar man het uitstekende behandeling in die Bongani-hospitaal gekry.

Beket het goed herstel, maar het Maandag, nadat hy van die ventilator gehaal is, ’n terugslag gehad en ’n longinfeksie opgedoen.

Petro sê die dokter wat hom behandel het, het hom weer aan die ventilator gekoppel.

Die dokter het aan haar gesê sy een long neem nie suurstof in nie en dat hy hom met ’n ander soort antibiotika gaan behandel.

Dinsdagaand het Beket se toestand verder verswak en die familie is laataand gevra om na die hospitaal te kom.

“Ek was ’n verpleegster en het gesien dinge lyk nie goed nie. Sy bloeddruk was baie laag en sy hartklop baie vinnig,” sê Petro.

“Ek was ’n verpleegster en het gesien dinge lyk nie goed nie. Sy bloeddruk was baie laag en sy hartklop baie vinnig,” sê Petro.

Sy het aan haar man gesê as hy moeg baklei is, maak sy hom van haar los.

Hy is Woensdagoggend dood.

“Johan was baie lief vir die boerdery en het dit baie geniet om op die plaas te werk, nadat hy vir ’n lang ruk werkloos was.”

“Johan was baie lief vir die boerdery en het dit baie geniet om op die plaas te werk, nadat hy vir ’n lang ruk werkloos was.”

Petro sê die plaaslike boeregemeenskap en ’n polisielid het al die reëlings uit haar hande geneem en sy kry ongelooflike ondersteuning van almal.

Beket laat twee seuns uit ’n vorige huwelik agter.

Hy en Petro was die afgelope 17 jaar saam. Hy word Vrydag (16/09) vanuit die Engele Rondom Ons (Ero) bediening in Hennenman begrawe.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.