Hennenman-verdagte onder huisarres geplaas

’n Jong man van Hennenman is van poging tot moord aangekla nadat ’n ander man ná ’n onderonsie in ’n plaaslike kroeg dood is.


’n Jong man van Hennenman is van poging tot moord aangekla nadat ’n ander man ná ’n onderonsie in ’n plaaslike kroeg ernstig beseer is.

Juan-Pierre Roestorff (23) het Woensdag 26 Julie in die hof verskyn op ’n aanklag van poging tot moord nadat hy na bewering ’n boer aangeval het. Hy is op borgtog van R2 000 ??met streng voorwaardes vrygelaat.

Craig Johnson het glo vroeër Saterdagaand 22 Julie ’n onderonsie met die verdagte by ’n gewilde kuierplek in Hennenman gehad.

Johnson het daarna saam met sy meisie, Gwyn Barkhuizen, die kuierplek in hul voertuig verlaat. Hulle was later die aand van die pad getrek en Johnson was na bewering aangerand. Hy was met ’n moersleutel oor die kop, bene en lyf geslaan. Sy been was erg gebreek en hy het frakture aan sy gesig gehad.

Barkhuizen kon hom terug in die motor intrek en het met hom na ’n naby geleë hospitaal gehaas.

Die polisie het beslag gelê op die moersleutel, wat in die besit van die beskuldigde gevind is.

Roestorff is onder huisarres en moet saans tussen 20:00 en 04:00 tuis wees, en hy mag geen kontak met enige van die getuies hê totdat die saak afgehandel is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.