Helpende hande bring hul kant vir padveiligheid in Welkom

Die AfriForum-tak in Welkom het in Julie, in samewerking met die burger-groep Handjie Vol, 8 ton teer gebruik om slaggate in onder meer Davidstraat in Naudeville en Elizabethstraat in Jim Fouchepark op te vul.


Die AfriForum-tak in Welkom het in Julie, in samewerking met die burger-groep Handjie Vol, 8 ton teer gebruik om slaggate in onder meer Davidstraat in Naudeville en Elizabethstraat in Jim Fouchepark op te vul.

Die oppervlakte van die slaggate wat gevul is, is 160 m².

“Hierdie projek is deel van AfriForum se jaarlikse nasionale projek, waartydens die organisasie in Julie poog om slaggate ter waarde van R1 miljoen te vul,” sê Christa Ikking, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland-streek.

AfriForum-takke in die sentrale streek, waaronder die Welkom-tak val, het in Julie sover meer as 48 ton teer gebruik om 818 m² se slaggate op te vul. Daar is 210 slaggate, teen ’n koste van R171 349 gevul.

“Die opvul van slaggate is ’n noodsaaklike stap vir die bevordering van verkeersveiligheid en beter verkeersvloei in die dorp. Die projek fokus nie net op die opknapping van bestaande paaie nie, maar ook op die voorkoming van verdere skade aan die infrastruktuur,” sê Jan Jacobs, projekbestuurder van AfriForum se Welkom-tak.

“Ons vertrou dat hierdie inisiatief ’n verbeterde reiservaring vir alle inwoners en besoekers aan Welkom tot gevolg sal hê,” sê Ikking.

Vir verdere navrae oor hierdie inisiatief of toekomstige projekte, kontak Ikking by 066-486-7612 of besoek wordlid.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.