Jano Ross was kaptein van die o.12-Vipers-span wat na die eindstryd van die Vrystaatse Premierliga deurgedring het. Foto: Verskaf


’n Jong Hennenman-krieket­speler, Jano Ross, het van 11 tot 14 Januarie aan die toernooi van die Vrystaatse Premierliga (FPL) in Bloemfontein deelgeneem. Vir hierdie toernooi word slegs die beste jong spelers gekies om deel te neem.

Jano, ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Hennenman, was die kaptein van die o.12- eerste divisie se Vipers-span wat daarin geslaag het om na die eindstryd deur te dring.

In die sewe wedstryde wat hy gespeel het, het hy 180 lopies van 107 balle geslaan, waarvan 13 viere en 12 sesse was.

Sy hoogste telling vir ’n enkele wedstryd was 85 lopies van 36 balle, en hy was nie uit nie.

Met sy boulwerk het Jano sewe paaltjies gevat.

You need to be Logged In to leave a comment.