Die Anco-4-in-1-ultramarathon vind op Saterdag 22 Februarie in Welkom plaas.
Dit is ’n kwalifiseringswedloop vir die Two Oceans- en Comrades-marathon, en begin by die Welkom-swembad.
Tydelike nommers kos R50 en alle atlete wat die wedloop voltooi, sal ’n medalje ontvang.
Dié marathon is wat hulle ’n “plat, vinnige sirkelroete” noem, met afstande van 48 km, 32 km, 16 km en 10 km.
Stappers van Welkom sal uitgedaag word om die afstande van 16 km en 10 km te voltooi.
Die 48 km-roete kweek deelnemers se ingesteldheid vir ultramarathons.
Die 32 km-roete kweek hul uithouvermoë; die 16 km hul liefde vir draf; en die 10 km kweek hul liefde vir pret en spoed.
Daar is ook ’n 4,6 km-roete vir gesinne om te geniet. Dit is veilig en bedoel om ’n liefde vir hardloop te kweek.
Die eerste wedloop begin om 05:30 en die laaste om 06:00.
Die kwalifiserende tyd vir die 48 km-roete is 5:49:59.
Kontak Phillip McLaren, organiseerder, by 082-452-4569 vir meer inligting.