Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Ek het weer besef dat die mense van die Goudveld harte van goud het en dat hulle saamstaan in tye van nood.

Baie dankie aan die weldoener wat die doringbome en bosse op die hoek van Mozart- en McLeansstraat in Riebeeckstad verwyder het.

Dankie dat u hierdie onveilige gebied vir motoriste en voetgangers weer veilig gemaak het. Dit word opreg waardeer en ek glo ek praat namens die gemeenskap van Riebeeckstad.

In en rondom Welkom is daar positiewe dinge wat gebeur.

Dit is wonderlik om te sien hoe die verkeerseilande se gras gesny word en ook dat van die lang gras wat al hemelhoog staan, afgesny word.

Dit is ’n riem onder die hart en ek sien sommer uit na die dag wanneer die Goudveld weer na ’n lushof gaan lyk.

Die Goudveld is steeds baie vuil, maar ek wil graag vir dié wat hard werk om ons stad en woonbuurte op peil te kry, hartlik bedank.

Kom ons almal volg hul voorbeeld, vat hande saam met hulle en werk saam om van ons stad en woonbuurte ’n gesonde en gedissiplineerde omgewing te maak.

Versoening kan ook só bewerkstellig word. Al wat ons moet doen, is om mekaar te respekteer in alle opsigte.

Ek is regtig opgewonde oor al die positiewe dinge wat in ons Goudveld gebeur.



) Brief verkort – Red.

You need to be Logged In to leave a comment.