Die 25ste Vista-Odensia-aand­reeks was sekerlik een van die lekkerste en warmste aand­reekse van die afgelope 25 jaar, dit was werklik ’n positiewe belewenis.

Elk van die vyf dae is gekenmerk deur baie ondersteuners.

Odensia wapens vir bl. 13

Van Odensia se pompon-meisies tydens hul vertoning. Foto’s: Verskaf

Talle toeskouers het die spanne ondersteun.

Die o.13-netbalbekerwenner in die blou-afdeling was die Laerskool Riebeeckstad.

Die o.13-rugbybekerwenners van die geel-afdeling was die Welkom-Volkskool.

Die bekerwenners van die o.12-netbal in die blou-afdeling was die Laerskool Harmonie.

Riebeeckstad en Voluit in aksie op die rugbyveld.

Die stalletjies het die besoekers van genoeg lekker eet- en drinkgoed voorsien en het bygedra tot die feestelike atmosfeer.

Die musiek het lewe gegee aan die omgewing en ek glo dat die buurt om Odensia elke oomblik saam met ons beleef het.

Voertuie was elke dag reg rondom die skool geparkeer.

Die belangrikste was egter die uitstekende rugby en netbal wat gespeel is.

Dit was opvallend hoe goed die spanne voorbereid was en die medediging was uitstekend.

Ek wil graag die afrigters komplimenteer vir hul goeie afrigting, dit was duidelik sigbaar.

Dit is goed om te sien dat die afrigters moeite doen en ons kinders goeie afrigting ontvang. Die finale was almal uitstekende wedstryde.

Baie dankie aan elke skool vir hul ondersteuning en geluk aan al die spanne wat hard gewerk het om ’n trofee te verower. – Piet Odendaal, skoolhoof van Odensia

You need to be Logged In to leave a comment.