Groot klomp dwelms in Bothaville gevind

’n Man wat glo ’n onwettige immigrant is, is met ’n groot aantal Mandrax-tablette in Kgotsong, Bothaville, betrap.


Lede van die Welkom K9-eenheid het ’n onwettige immigrant in Bothaville in hegtenis geneem. Foto: SAPD

’n Man wat glo ’n onwettige immigrant is, is met ’n groot aantal Mandrax-tablette in Kgotsong, Bothaville, betrap.

Lede van die Welkom K9-eenheid was op 22 Junie in Kgotsong aan diens toe hulle ’n verdagte man, wat probeer vlug het toe hy die polisie sien, opgemerk het.

Die man het nie reisdokumente in sy besit gehad nie, en toe hulle sy woning deursoek, het hulle op 192 Mandrax-tablette afgekom. Dit was in ’n luidspreker in sy sitkamer versteek.

Die 30-jarige buitelander is in hegtenis geneem in verband met onwettige immigrasie en die besit van dwelms.

You need to be Logged In to leave a comment.