Groep vat probleem vas

Die AfriForum-tak in Welkom het as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek op 1 Augustus ingespring.

Fouché-loodgieters is deur AfriForum aangestel om mangate en rioolpype op die hoek van Kennaughstraat en Dvoraklaan in Riebeeckstad skoon te maak.Foto: AfriForum

Credit: SYSTEM

Die AfriForum-tak in Welkom het as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek op 1 Augustus ingespring.

Fouché-loodgieters is aangestel om mangate en rioolpype op die hoek van Kennaughstraat en Dvorak­laan in Riebeeckstad skoon te maak.

Dit kom nadat inwoners van Welkom dié burgerregte-organisasie genader het met klagtes oor rou riool wat op sommige plekke hul erwe en strate oorspoel. Inwoners ervaar ook al ’n geruime tyd probleme met dreine.

Die organisasie het sedert Augustus 2019 reeds verskeie skrywes aan die Matjhabeng-munisipaliteit gerig oor rou riool in erwe.

Die riool hou verskeie gesondheidsrisiko’s vir die inwoners in en dit vloei soms vir weke aaneen uit die mangate.

Dit is op sommige plekke so erg dat mense om die riool en selfs daardeur moet beweeg om by hul voertuie uit te kom.

Die munisipaliteit het tot op hede egter geen poging aangewend om hierdie probleem op te los nie.

“AfriForum sal voortgaan om hierdie probleme onder die munisipaliteit se aandag te bring en sal ook aanhou om druk toe te pas totdat dit reggestel is,” sê Johan Terblanche van AfriForum in Welkom.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.