Die tweede The People’s Market-vlooimark vir 2024, wat by sy nuwe tuiste op die sportterrein van die Hoër Tegniese Skool (HTS) Welkom gehou is, was ’n reuse-sukses. Uitstallers en besoekers het op Saterdag 9 Maart hiervoor saamgetrek. Die aantal stalletjies by die nuwe tuiste groei maandeliks aan. Hierdie maand was daar 24 meer uitstallers en 21 meer stalletjies op die mark. ’n Groot verskeidenheid produkte was te kies en keur. Die uitstallers het in ’n groot mate gebaat by die sekuriteit om die sportvelde en die skoon ablusiegeriewe. Hier is Ernest Snyder (8) wat met opgewondenheid die kosstalletjie van die Lede in Christus-kerk bemark het. Foto: Marti Will

Marti Will