Die Griffons het Saterdag (09/04) in die HT Pelatona-sta­dion hul segetog voortgesit en die Goshawks van Zimbabwe met 40?–?5 geklop.


Die Griffons het Saterdag (09/04) in die HT Pelatona-sta­dion hul segetog voortgesit en die Goshawks van Zimbabwe met 40 – 5 geklop.

Die Zimbabwiërs het nie antwoord gehad op die Perses se aanvallende rugby nie.

Boonop het hulle hulle vasgeloop teen vernietigende verdediging deur die tuisspan, wat hulle soms meters ver teruggeduik het.

Jaywinn Juries was die uitblinker in ’n groot spanpoging. Hy het weer met sy skopwerk na die pale en algemene spel beïndruk en 23 van sy span se punte aangeteken.

Juries het ook vier van die vyf drieë verdoel en vyf strafdoele oorgeskop. Hy is as speler van die wedstryd aangewys.

Wat die voorspelers betref, het die hele agttal geskitter, met Thato Mavundla, Michael Benade, JJ Pretorius en Sosso Xakalashe wat met hulle spel uitgestaan het. Die agterlyn, met Allistair Mumba aan die spits, het die Goshawks aan die raai gehad, met flink hantering en aanvallende soek. Duan Pretorius, Aphiwe Stemele en Marquit September het met verdediging beïndruk.

Die wedstryd is twee keer weens weerlig en hael gestaak, en ’n gedeelte van die wedstryd is in gietende reën gespeel.


Chris Krause

You need to be Logged In to leave a comment.