Die Griffons pak die Georgia Black Lions môre in die halfeindstryd van die Carling Curriebeker in die HT Pelatona-stadion in Welkom.
“Dit gaan ’n tawwe stryd wees. Hoewel die Griffons baie selfvertroue het ná ’n goeie reeks waarin hulle nog steeds onoorwonne is, moet hulle die besoekers glad nie onderskat nie,” sê Chris Krause van die Griffons.
Die Griffons se oorwinnings die seisoen sluit in seges oor die Valke (25 – 3), die OP Olifante (31 – 23), die Luiperds (35 – 25), Boland (36 – 31), die Simbas (66 – 33), die Zimbabwe Goshawks (40 – 5), die Grens Bulhonde (106 – 7) en die SWD Arende (40 –16).
Vrydag se afskop is om 15:00 en die wedstryd sal op Supersport gebeeldsend word.
Saterdag (18/06) is dit die Griffons-bondedag vir hoërskoolrugby. Die wedstryde begin om 08:00 en die spel sal op die A- en B-velde plaasvind.
Die Griekwas, Griffons, Vrystaat, Suid-Vrystaat en Oos-Vrystaat sal teen mekaar uitspeel.