Griffons seniors en o.21’s gee teenstanders n goeie loesing

Verskaf

Die o.21-Griffonspan volg in sy ouboet se voetspore.

Dié span het die liga onoorwonne afgesluit en die SWD Arende met 53 – 25 geklop. Hulle het ook die Pumas met 46 – 36 geklop.

Die senior span speel ook nie tweede viool nie, en wys hy sal sy kant kan bring in die Premier-liga volgende jaar.

Dié span het tydens die oefenwedstryde op 22 en 28 September in Welkom onderskeidelik die Griekwas (24 – 14) en die Pumas (17 – 7) geklop.

Hierdie twee spanne was verlede jaar se finaliste in die Carling Currie­beker-toernooi.

Saterdag (08/10) om 14:00 pak hulle die OP Olifante in die halfeindronde in die HT Pelatona-stadion in Welkom.

Chris Krause

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025