Griffons deel slae uit

Die Griffons het met sy eerste wedstryd van die seisoen in die Curriebeker-eersteliga ’n rekordsege behaal toe dié span die Grens-Bulhonde met 106 – 7 in Welkom geklop het.


Die Griffons het met sy eerste wedstryd van die seisoen in die Curriebeker-eersteliga ’n rekordsege behaal toe dié span die Grens-Bulhonde met 106 – 7 in Welkom geklop het.

Duan Pretorius was ’n generaal in die hardlooprugby wat die perstruie opgelewer het.

Die tuisspan het 16 drieë gedruk en was teen rustyd reeds met 49 – 0 voor.

Duan Pretorius, Thato Mavundla, Jean Pretorius, Dominic Smit, Gurshwin Wehr, Michael Benade en Dandré Delport het uitsonderlike spel gelewer. Mavundla is as die speler van die wedstryd aangewys.

Jaywinn Juries het met goeie diens aan die agterlyn en skopwerk na die pale beïndruk.

Die tuispan het die besoekers in die skrums seergemaak, waar Stephan de Jager en Buhle Nojekwa reuse-werk gedoen het.

Die lynstaanwerk was uitstaande en hier het die Perses se voorspelers ses drieë verseker.

Groot rugby op die kaarte

’n Rugbyfees soos min wag op die Griffons se ondersteuners in die volgende maand. Die program is soos volg:

  • 9 April – Griffons teen Zimbabwe;
  • 23 April – Griffons teen Georgië;
  • 30 April – Griffons teen Kenia; en
  • 7 Mei – Griffons teen die SWD-arende.
  • Op 7 Mei gaan ’n groot saamtrek in die HT Pelatona-stadion plaasvind, met ’n skolerugby-voorprogram, en heelwat oudspelers sal die geleentheid na verwagting bywoon.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.