Ná die o.21-Griffons se sege van 41 – 0 oor die Griekwas, bly dié span boaan die ranglys en onoorwonne vir die seisoen.
Dié oorwinning op 10 September het verseker dat die o.21-span heel boaan SA Rugby se o.21-skildranglys vir 2022 pryk, met 14 punte – teenoor die Valke en SWD-Arende se 10 punte elk.
Die o.21-Griffons speel Saterdag (24/09) om 14:00 teen die Pumas in die HT Pelatona-stadion in Welkom.
- Vandag (22/09) om 13:00 speel die Griffons se senior nasionale span teen die Griekwas in Welkom. Hierdie wedstryd is ter voorbereiding vir 2023 se Carling-premierliga, waarna die Griffons bevorder is.
Woensdag (28/09) om 12:00 speel die senior span teen die Pumas senior span in die HT Pelatona stadion.