Griffon-spelers vir spel vereer

Die Griffons het weer gewys dat hy gereed is vir die Currie­beker-reeks se premier­liga volgende jaar.


Die Griffons het weer gewys dat hy gereed is vir die Currie­beker-reeks se premier­liga volgende jaar.

Dié span het die Cheetahs laat sweet vir ’n sege.

Die besoekers het die wedstryd Vrydag (25/11) in Welkom met 43 – 34 gewen, nadat hulle teen rustyd reeds met 31 – 14 voor was.

Dit was egter die spel van die Perses in die tweede helfte wat bewys het hulle sal hul man kan staan. Hulle het die Cheetahs met goeie aanval en genadelose verdediging laat bontstaan.

Die Griffons se o.21-speler van die jaar, Donovan Don, het gewys hoekom hy so hoog aangeskryf word. Hy het op vleuel diens gedoen en twee skitterdrieë gedruk.

Duan Pretorius en Jaywin Juries het met hul skopwerk pale toe beïndruk.

Die Perses se laaste wedstryd is Woensdag (07/12) teen die Luiperds in Potchefstroom.

Die Griffon-rugby-unie het spelers op sy jaareindgeselligheid op 19 November vereer.

Dr. Jan Marais (president van die unie) het groot lof vir die hoofafrigter, Jacques Juries, en sy afrigtingspan gehad. Hy het ook die spelers vir hul toewyding, fiksheid en getrouheid aan die unie en die spanne geloof.

Die senior span is met sy eersteliga-sege na die premier­liga bevorder, en die o.21-span het die SA Rugby-skild verower.

Jaywin Juries is as dié unie se speler van die jaar aangewys.

Dandré Delport is voorspeler van die jaar en Marquit September is agterspeler van die jaar.



Chris Krause


You need to be Logged In to leave a comment.