Die Griekwa- provinsiale groep, First Indigenous People of South Africa (Finsa), hou op 10 September ’n werksessie in Bronville.

Die doel van die vergadering is om alle mense wat meen hulle word benadeel deur die gebruik van die benoeming kleurling, of “coloured”, om hul Khoi-San-erfenis op te eis en aan te spreek, sê past. Gert Visagie van Finsa.

Visagie sê Sondag se vergadering word gehou in voorbereiding op ’n hooggeregshof-eis in Februarie 2024 in Pretoria.

“Volwassenes wat aansoek wil doen moet hul identiteitsboekies saambring. Kinders mag ook aansoek doen, en moet hul geboortesertifikaat saambring.

“Aansoekers word gevra om R20 ook saam te bring om by te dra tot die hofsaak in Februarie,” sê Visagie.

You need to be Logged In to leave a comment.