Grey-kollege se eerste hokkiespan speel hier in sy wedstryd teen St Andrew’s in die Gushkie Topskolehokkietoernooi.

Grey-kollege se eerste hokkiespan het die span van Paarl Gimnasium 2-1 in die eindstryd om die Guschkie Topskole-hokkietoernooi by Grey gewen om as beste span gekroon te word.

Grey het die toernooi Donderdag 7 Augustus goed begin met ‘n oorwinning van 2-1 teen die Hoërskool Worcester. In die span se tweede wedstryd van die dag het Grey die span van die Hoërskool Dr D.F. Malan 7-0 geklop.

CJ van Schalkwyk van St Andrew’s in Saints se wedstryd teen Grey-kollege Vrydag, 9 Augustus. Grey het die wedstryd 2-1 gewen. FOTO: Lientjie Mentz

Ander Bloemfonteinse skole wat van 7 tot 9 Augustus aan die toernooi deelgeneem het, was die Hoërskool Jim Fouché en St Andrew’s.

Op dag 2 het Grey 1-1 gelykop gespeel teen die Hoërskool Garsfontein en toe teen Saints 2-1 gewen en deurgedring om in die finaal teen Paarl-gim te speel.

Ná Paarl Gimnasium (2de) was die ander skole Garsfontein (3de) Hoërskool Menlopark (4de), D.F. Malan (5de), Eldoraigne High School (6de), JF (7de), Hoërskool Worcester (8ste), Somerset College (9de) en Saints (10de).

In die Fast Five Guschkie Topskole-toernooi vir laerskole wat ook by Grey aangebied is, het die Laerskool Onze Rust se o.13-hokkiespan in die eindstryd teen St. Andrew’s te staan gekom het. Tot met die eindstryd, het Onze Rust geen wedstryd verloor nie. Met die eindtelling op 1 elk, was dit tyd vir ‘n uitspeelstryd met Saints wat die oorwinning behaal het.

Die o.13-span van Saints wat die Fast Five Guskie Topskole-toernooi vir laerskole gewen het, is van links Allistair Maycock, Aiden McPherson, Keiden McLaren, Ivor Steyn, Lebohang Mafa, Alexi Tsangarakis en Dimitri Jacobs.

Onze Rust se o.12-hokkiespan het ook in die o.13-afdeling gespeel en uiteindelik 5de algeheel geïndig.

Die ander spanne wat in die toernooi gespeel het is dié van Grey-kollege en die Laerskool Universitas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article