Die Goudveld-Hoërskool wen Welkom Gimnasium se eerste krieketspanspan Saterdag (26/10) met twee paaltjies in ’n T20-wedstryd.
Goudveld boul eerste en beperk Gimnasium tot 116 lopies met agt paaltjies plat.
Beste kolwer is Keagan Frankenfeld met 55 lopies van 46 balle (nie uit nie).
Beste boulers is Motsitsi Mototo twee paaltjies en twaalf lopies in vier boulbeurte.
Vian Boardman neem een paaltjie en teken nege lopies in vier boubeurte aan.
In die vorige wedstryd teen St Dominic’s het Goudveld die wedstryd met drie paaltjies gewen. Gouties het eerste gekolf en kry 121 – 9 in 20 beurte. Hulle het dié lopies gekry met 7 kolwers uit, en wen die wedstryd met drie paaltjies. Die beste boulers was GJ Wessels met 3 paaltjies vir 23 lopies in 4 beurte en Motsitsi Mototo met 2 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte.
Die beste kolwers was Kayden Pienaar, 28 van 31 balle, en Ruhan Dreyer, 26 van 21 balle.