Die gedenkdiens van ‘n geliefde Goudvelder en ‘n groot naam in die Noord-Vrystaat- en skolerugby-kringe, Chris Krause, word op Saterdag 8 Maart in Odendaalsrus gehou.Die diens is om 10:00 in die VEK Arendsnes, Goudrifweg 5, Hospitaalpark.Krause (70) is op 9 Desember 2023, 26 dae ná ‘n padongeluk in Odendaalsrus, oorlede.Die voertuig waarin hy, sy vrou, Annette, en skoonsuster, Cecile Noppe, gery het, was op 14 November 2023 omstreeks 18:45 in ‘n botsing met die voertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy betrokke.Hy het erge interne beserings opgedoen en sy hart het ingegee, het sy dogter, Annette McLaren, destyds aan Vista vertel.Annette vertel dit gaan goed met haar ma.“Sy sterk goed aan, en haar sussie Cecile ook, wat saam in die ongeluk was.“My ma is in Julie 2024 ontslaan uit die hospitaal waar sy daarna by my aangesterk en fisioterapiesessies ontvang het vir vier maande.“Dit voel nog soos gister en die hartseer lê nog baie vlak en rou, maar ons is baie dankbaar dat ons nou die geleentheid het om ná al die tyd my pa te kan groet.“Daarmee saam wil ons as gesin en familie baie dankie sê vir elke oproep, boodskap en donasie wat ons in hierdie moelike en emosionele tyd gedra het. Ons het opregte waardering daarvoor. My pa sal vir ewig in ons harte bly,” sê sy.Rig navrae oor die gedenkdiens aan McLaren by 083-973-4919.

You need to be Logged In to leave a comment.