Die wenspan agter die skerms van die 21ste Mediclinic Vista Vrouepadwedloop is van links, voor: Marti Will (Vista), Marissa Pawson (Mediclinic), Zane Gouws (Fire-quip, wenner van die sakeonderneming met die meeste inskrywings), Cathy Pretorius (Charlotte Moll Haven, begunsdigde), Natasha Stroebel (Fire-quip), Sello Ramotshabi (Eskom Atletiekklub FS bestuur en veiligheidsbeampte vir die wedloop) en Ryno Kirsten (Vista, hy het derde jaar agtereenvolgens die wenbanier ontwerp)

’n Viering van uitnemende padwedlope oor die jare heen het in Welkom plaasgevind toe atlete van oor Suid-Afrika heen aan die 21ste Mediclinic VistaVrouepadwedloop deelgeneem het.

Die jaarlikse padwedloop word deur die Eskom-atletiekklub in die Vrystaat aangebied, en die strate van St Helena in Welkom was Vrydagaand (25/08) vol entoesiastiese hardlopers.

Altesaam 1 172 deelnemers het hulle ingeskryf, en medaljes en trofeë is spesiaal vir dié viering ontwerp.

“Wat hierdie jaar nog meer spesiaal gemaak het, was die ondersteuning wat ons deurgaans ontvang het,” sê Hilde du Plessis, Eskom-atletiekklub se voorsitter.

“Ons is dankbaar vir die geleentheid om oor die jare ’n vennootskap met Vista(die mediaborg) en die hoofborg, Mediclinic, te hê.”

You need to be Logged In to leave a comment.