Bernard Hughes het in ’n bestek van 30 minute 20 mm reënval in Voorspoed en 18 mm in Flamingopark gemeet. “Dit het tot dusver vir November 50 mm reën geval,”sê hy.Photo: Marti Will


Inwoners van die Goudveld het Donderdag die dag gegroet midde van ’n hewige reënbui en donderstorm.

Strate het weereens gevloed, sirkels het oorstroom en damme water het in die paaie, in tuine en op die sypaadjies gevorm.Vista het inwoners gevra om hul reënvalsyfers met lesers op Facebook te deel.

Bernard Hughes het binne die bestek van 30 minute 20 mm in Voorspoed en 18 mm in Flamingopark gemeet. “Dit het tot dusver vir November 50 mm reën geval,”sê hy.

Evelyn White het 38 mm in Naudeville gemeet, en ’n inwoner van St Helena sê daar het 22 mm reën in die tydperk geval. Gister het 20 mm geval.

Bets Weideman het 40 mm vir die week gemeet en Hester Nienaber skryf op Facebook daar het in Merriespruit, Virginia, 26 mm in die kort tydjie geval. Sy sê sy het gister 20 mm gemeet.

Spokie Snyders-Bronkhorst sê daar het in Flamingopark by haar 19 mm in dié tydjie geval.

Willie Fourie skryf op Facebook dat volgens die SA Weerburo word reën gemeet van 08:00 tot 08:00 die volgende dag en op dié dag aangeteken. “Naudeville se 38 mm kan dalk van die vorige reën nog in die meter gehad het, synde dit drasties verskil van gemete waardes,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.