Goudveld-opknapping sommer self aangepak

Jan Jacobs, alombekend as die man wat nie skroom om sy hande vuil te maak nie, en sy Move One Million-span, sit altyd skouer aan die wiel om die Goudvelde skoon te maak.

Buurenstraat (by die Pienkkruis) in Dagbreek is Vrydag 29 September deur Jan Jacobs en sy span aangepak, en skoongemaak. Hier is Jacobs se fiets waarmee hy die Goudvelde van Odendaalsrus deur Welkom en dan weer anderkant om na Allanridge se kant plat ry, op soek na plekke wat hy kan reg- of skoonmaak.Foto: Verskaf


Jan Jacobs, alombekend as die man wat nie skroom om sy hande vuil te maak nie, en sy Move One Million-span, sit altyd skouer aan die wiel om die Goudvelde skoon te maak.

Hulle het Vrydag vir Burenstraat (by die Pienkkruis) in Dagbreek, Welkom, aangepak.

Die span wat Jan Jacobs Vrydag in Burenstraat, Dag

Die span wat Jan Jacobs Vrydag in Burenstraat, Dagbreek, gehelp het, van links is, Jill Lombard (75), ‘n lid van die Welkom Rotariërklub, Dan Susan en Freek Jonk (agter), van Flamingo park.

Middel September het Jan Jacobs en sy span die groot onooglike en baie gevaarlike gat binne-in die sirkel by The Strip in Welkom opgevul. Die gat is deur ’n gebaarste pyp veroorsaak, wat amper gru-ongelukke veroorsaak het. Hulle het dit ook met ’n netjiese laag teer afgerond.Foto: Verskaf

“Dit het weer soos ’n vullishoop daar gelyk, iemand moes iets doen,” sê hy.

Jacobs maak oral reg waar hy sien die omgewing is vuil. Hy en sy span staan nooit terug vir ’n groot taak nie. Hulle sal nooit sleg praat of grootpraat nie, maar stilletjies inspring en gate opvul, vullis wegdra en die omgewing opruim. Jan en sy span se leuse is “saam kan ons dit doen.”

Middel September het hulle die groot onooglike en baie gevaarlike gat binne-in die sirkel by The Strip opgevul. Die gat is deur ’n gebarste pyp veroorsaak, wat later amper gru-ongelukke veroorsaak het.

Ook in September het twee jong mense, Crystal Mumfort en Andries van Rhyn, Jacobs met ’n ander groot straat-teerprojek in Odendaalsrus gehelp. Nie net het hulle self die gat opgevul en voorberei nie, maar ook daarna dit met ’n laag teer afgerond. Foto: Verskaf

Ook in September het twee jong mense, Crystal Mumfort en Andries van Rhyn, Jacobs met ’n ander groot straat-teerprojek in Odendaalsrus gehelp.

Hulle het nie net self die gat opgevul nie, maar ook daarna dit met ’n laag teer afgerond. Motoriste wat onbewus was van die wedywer sou nie eens besef het van die harde werk wat sonder vergoeding gedoen is nie.

Jan Jacobs se span het ook die strate van Odendaalsrus in September aangepak en skoongemaak.Foto: Verskaf

Aan die begin van September het Jacobs en sy mense Odendaalsrus aangepak en die strate daar mooi skoon gemaak en sakke vol vullis verwyder.

You need to be Logged In to leave a comment.